Laerskool Vredekloof is ‘n openbare, parallelmedium skool wat twee Afrikaanse en twee Engelse klasse per graad sal aanbied. Vir 2019 begin ons met Gr R – 4 klasse waarnaas in 2020 alle grade sal aanbeweeg tot die volgende graad totdat ons in 2022 ons eerste Graad 7 klasse sal bekend stel.
Die skool is op 13 Desember 2018 klaar gebou waarnaas die sleutels aan Mnr Wimpie Bezuidenhout, die skoolhoof, oorhandig is. Alle personeel is reeds aangestel en gereed om die nuwe akademiese jaar aan te pak met groot opwinding en passie.
At Vredekloof Primary School, we will be committed to prepare our learners for high school and for life. We will strive to continuously improve our learner’s academic performance, while guiding them to understand the importance of compassion, respect, perseverance and responsibility.
Laerskool Vredekloof sal ‘n verskeidenheid van sport en kulturele aktiwiteite vir ons leerders aanbied. Leerders sal aangemoedig word om aan ten minste 1 ekstra-kurrikulêre aktiwiteit per kwartaal deel te neem ten einde hulle holistiese ontwikkeling te verseker. Deur ons hoë standaard op akademiese, kulturele en sportaktiwiteite te skep wil ons graag by ons leerders, ouers en onderwysers ‘n gesindheid van trots en sinergie kweek.
Ons sal getrou bly aan ons leuse, soos in die skoollied vervat, : –
“Vredekloof , o Vredekloof, ons hou jou naam omhoog!
Uitnemendheid dit streef ons na, hier word ons drome waar, hier word ons drome waar!”
“Vredekloof , oh Vredekloof, we lift your name on high!
Excellence is what we strive, our dreams come here to life, our dreams come here to life!”